Ek is ‘n student en ‘n transvestiet. Ek het so baie om te se maar ek is emosioneel omdat my pad by CTDCC beeindig. My tyd by CTDCC was opbouend – nie net emosioneel nie maar ook fisies, letterlik en my mentaliteit. Ek her so baie van myself geleer. Ek het geleer om my negatiewe in die positiewe te omskep deur my sessies by CTDCC.

My individuele terapeut Colleen het my geleer om a plan te maak om myself te beskerm. Om te dink hoe chaoties ek en my lewe was voor ek hiernatoe gekom het, is om op trots te wees. My lewe het reg begin verloop en alle ander aspekte in my lewe  val nou in plek.

Ek het nie na CTDCC toe gekom vir my drug addiction nie – ek het so baie bagasie gehad wat ek mee gedeal het met behulp van my terapeut. Soos ek nou sit vergelyk ek my lewe met voor ek by CTDCC begin het en ook na dit. Daar is ‘n baie groot verskil. Ek voel goed al is ek hartseer.

 Ek en my terapeut weet dat groei baie belangrik is in mens se lewe. Ek het so baie geleer hier en een van die sterk punte is om realisties met my gevoelens to “deal”.

Ek kan nou maklik dinge identifiseer  wat my in gevaar sal stel an wat nadelig is vir my. Ek het geleer om die beste mens to wees wat ek is. CTDCC het my baie positief laat groei en ek sal dik verewig dankbaar wees.

Ek weet ook ek kan enige tyd terugkom as ek verder hulp benodig.

25yr-old Tik addict in recovery
Observatory branch